Krag gebed teen die Corona Virus

Vir Voorsorg teen Siektes en Beserings.
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.

Bid met oorgawe hardop by uself!
Maak die Gebed deel van jou wapenrusting!

Die gebed kan geneem word. Bid hardop vir uself of met geliefdes in u lewe wat voorsorg teen siektes en beserings benodig. Neem of gee die skrif gedeeltes as medikasie. Die neem van vloeistof is sielkundig van aard en die woord van God genees diep binne in die liggaam, siel en gees.

Bid die gebed eenmalig per dag as voorsorg teen siekte of besering Neem ’n slukkie water, vrugtesap, of warm drankie, elke keer as u die aksie van manifestasie doen “ek neem dit.” Dit kan saam met huidige medikasie geneem word. Of apart . maar as u ten volle op God wil vertrou word die Skrifgedeeltes op sig self medikasie.
Die siel voed dan die gees en ook die liggaam – sielkundig en met Goddelike voorsorg.

Laat toe dat die Drie-eenheid Genesings Span uit die Hemel jou kom beskerm.
Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR VOORSORG.

Bid die gebed daagliks hard op by jouself. Die gebed mag
afgelees word. Bid die Voorskrif gebed vir voorsorg teen siektes en beserings. Manifesteer die aksies, deur om ’n slukkie water of vrugtesap te neem. Manifesteer jou geloof in aksie elke keer wanneer u se ”Ek neem dit” Die baie kragtige gebed sal net ’n paar minute neem om te bid.

DIE GEBED.

Here. Ek kom na U Hemelse Mediese Spreek kamers in die
Wonderlike en genesende naam van Jesus Christus U Seun. Ek bevestig my geloof in U My Skepper. U wat my liggaam, gees en verstand beter ken as enige mens. Ek bevestig ook my geloof in Jesus,”Die Groot Geneesheer” en in die vertroosting en leierskap krag van U Heilige Gees.

Here, ek bevestig dat ek my skuldenaars vergewe het, en vra nou ook vir U vergifnis vir my sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22 “is U woord (Die Bybel) lewe vir die wat dit vind en genesing vir my hele liggaam, gees en verstand”

En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig en dring my liggame, gees en verstand binne soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in my been murg en gewrigte”

en volgens Deuternomium 28 vers 22 is ”Siekte en beserings is onder die vloek van die wet” Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13 “Jesus het ons losgekoop van die vloek van die wet”

Met die bevestiging neem ek nou U voorskrif medikasie,voorgeskryf deur U, vir volkome voorsorg teen Corona Virus, siektes en beserings aan my Liggaam, gees en verstand.

# Here ek neem. – V –Deuternomium 7 vers 14 en 15
U sal alle krankheid van my wegneem.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem – O – Psalm 91 vers 9 en 10
Geen siektes sal my oorval nie.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – O – Psalm 107 vers 19 tot 21
As ek U aanroep, sal U my genees.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – R – Psalm 118 vers 17
Here, ek sal gesond lewe, en getuig van U beskerming.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here

# Here ek neem. – S – Jeremia 41vers 10
U se, moenie vrees nie Ek versterk jou.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – O –Mattheus 21 vers 21 en 22
Here U se, Bid, Glo en Twyfel nie, en ontvang.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – R –Hebreërs 1 vers 1 tot 4
Jesus U bloed is my grootste beskerming.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here

# Here ek neem. – G –2 Korinthiers 4 vers 15
Dankie vir U voorsorg teen siektes en beserings, en die oorvloed daarvan.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – T–Ezegiel 34 vers 26
Ek sal U stort reëns van genesing en beskerming
ontvang.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – E – 1 Timotheus 2 vers 1
Here, hoor my versoek in gebed en ook my
danksegging. Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – E – Efesiërs 6 vers 10 tot 17
Ek trek die volle wapenrusting van God aan, veral
geloof.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – N– Jesaja 24 vers 18
Here U vloede van seëninge reën nou oor my.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

HERE, DANKIE VIR DIE VOORSORG TEEN SIEKTES
EN BESERINGS

Dankie vir U beskerming, dankie vir die salwing van Jesus se bloed oor my. U is die God wat beskerming bied. Here volgens Exodus 23 vers 25 en 26 U sal my gesond hou en beskerm teen beserings.

Here, stort U seëninge oor my uit, wees met my in alles wat ek doen en vergroot my grondgebied, neem my onder U beskerming en weerhou enige onheil van my, sodat geen smarte my sal tref nie.

Here, ek prys U vir U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U
krag en U Majesteit.

Here U is “Jehovah Nissi” Die God, my Beskerm Heer.

Here U is “Jehovah Rapha” Die God, my Genees Heer.

Dankie vir U liefde, U is my genesende drie-enige Godheid uit die Hemel en binne in my, ek sal aan ander getuig van U voorsorg en beskerming krag. Ek vra dit nie uit verdienste of uit gewoonte nie ,maar slegs deur U genade alleen.

Amen en Amen

Op konsultasie van uit die Hemelse se Mediese Spreek kamers, vanaf God die Vader, Jesus die seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en gesalf vir Jou deur Pastoor Dirk van TruLight Radio XM , geinspireer deur die Heilige Gees.

www.trulightradioxm.org.za

Laai Gratis die Gebeds boek af